Sunday, December 13, 2009

Leuens in voorgeskrewe boek vir Graad 12?

http://is.gd/5lDsW
http://is.gd/5lDvn

Ontwikkeling van die embrio



Die embrio's van baie diere toon ooreenkomste met mekaar. Dit versterk die idee dat organismes uit 'n gemeenskaplike voorouer ontwikkel het.

Gewerwelde embrio's is 'n goeie voorbeeld. In die vroee ontwikkelingstadiums is dit nie maklik om die verskil tussen die embrio van 'n vis, 'n padda, 'n hoender, 'n vark of 'n mens raak te sien nie.

Gedurende die vroee ontwikkelingsstadiums het alle gewerwelde embrio's 'n senuweestring wat die rugmurg word en 'n ondersteunende staaf of rugkoord wat die werwelkolom word. Hulle het ook kieu-gleuwe, 'n visagtige hart en niere, en 'n stert. Hierdie kenmerke word almal by visse aangetref. Namate die embrio's van die ander gewerweldes ontwikkel, verloor hulle die kenmerke en begin hulle lyk soos die groep waartoe hulle behoort.


Ernst Haeckel was baie bekend en later berug vir hierdie besondere ikoon van evolusie. Dis verstommend dat feitlik sy selfde vervalste tekeninge en foutiewe beskrywings in die Lewenswetenskappehandboek verskyn. Kon die opstellers nie maar die tekeninge en beskrywings reggemaak het nie, of sou die nutteloosheid van hierdie getuienis vir evolusie dan te duidelik gewees het? En hoekom word Haeckel se naam nie in die handboek genoem nie? Is dit dalk omdat dit eintlik algemeen bekend is dat Haeckel met sy embriotekeninge bedrog gepleeg het? Wetensksap is veronderstel om self-korrigerend te wees, en ek glo dit is heel dikwels. Maar voorbeelde soos hierdie soogenaamde embriogetuienis wys dat onwaarhede soms vir dekades bly voortbestaan, en skynbaar doelbewus in stand gehou word. Is die opstellers van die Lewenswetenskappehandboek regtig nog steeds onbewus van die ongeldigheid van Haeckel se voorstellings?


Ek het hierdie deel aangehaal uit Dr. H.D. Mouton se nuutste boek "Verken Lewenswetenskappe verder - 'n kritiese evaluering van evolusie".

Die boek is aangrypend en insiggewend.

Indien 'n Christen besluit het om wel in miljoene jare te glo, en dan die stelling wil maak dat dit nie belangrik is nie, wil ek graag vra: "Indien jou kind blatante leuens vertel word op skool en hierdie leuens kan jou kind moontlik op 'n glibberige pad, weg van God af, plaas, maak dit steeds nie saak nie?".

Gaan lees gerus regoor die internet na oor Ernst Haeckel. Maak jou eie afleidings. Indien bg. jou geprikkel het, oorweeg dit om Dr. H.D. Mouton se boek in die hande te kry, of gaan lees ten minste die volgende artikel:
http://creation.com/fraud-rediscovered

Ek gaan net 'n aanhaling of twee hieronder maak, maar dit is selgs 'n baie klein deeltjie van 'n baie groter probleem.

This is one of the worst cases of scientific fraud. It’s shocking to find that somebody one thought was a great scientist was deliberately misleading. It makes me angry … What he [Haeckel] did was to take a human embryo and copy it, pretending that the salamander and the pig and all the others looked the same at the same stage of development. They don’t … These are fakes. - Michael Richardson, Britse embrioloog

In die Genesis Hall van Transvaal Museum kom hierdie bordtjie voor:


Die Woorde:"'N MENS - Volwasse mense het nie meer kieusakke of sterte nie, maar ons besit nog hierdie kenmerke op 'n vroeë stadium voor geboorte."

0 Comments:

Post a Comment

<< Home