Tuesday, October 27, 2009

Oorwinningslied

Ek sien in my gees die glorie
En die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde
Oor sy Koninkryk regeer
Hy’t belowe aan die einde
Op die wolke kom Hy weer
Hy’s Koning Hy regeer

Loof Hom, prys Hom, halleluja (3x)
Hy’s Koning Hy regeer

Die Here is ons vesting
Wat vir altyd sal bly staan
Hy beskerm elke mens
Wat in geloof na Hom toe gaan
Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen,
Hy’t die vyand reeds verslaan
Hy’s die rots wat ewig staan

Loof Hom, prys Hom, halleluja (3x)
Hy’s die rots wat ewig staan

Kom deel nou in ons loflied
Hef jou hande op na bo
Blaas basuine, slaan op dromme
En kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning
Van sy Woord waarin ons glo
want sy Woord sal ewig staan

Loof Hom, prys Hom, halleluja (3x)
Sy Woord sal ewig staan

8 Comments:

Blogger Unknown said...

Wie het die oorwiningslied geskryf?

12 September 2015 at 07:21  
Blogger Unknown said...

Prys die Here

07 January 2016 at 09:37  
Blogger Unknown said...

Petrus du toit
Ek is 'n fundamentalis christen!

23 January 2016 at 16:01  
Blogger Unknown said...

Ek is 'n fundamentalis christen!

23 January 2016 at 16:02  
Blogger Unknown said...

Loof Hom, prys Hom

09 January 2017 at 12:51  
Blogger Unknown said...

Een van die mooiste lof liedere ooit! Dit het my al deur swaar tye gedra. Dankie Piet Smit, die Here seen jou, jy sing pragtig.

07 September 2017 at 09:45  
Blogger Unknown said...

Is hierdie lied in halleluya boekie of psalms en gesange

05 January 2018 at 18:18  
Blogger adriaans said...

Prys die Here!

09 February 2019 at 20:13  

Post a Comment

<< Home